Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Corinthians 3

:
Afrikaans - AFR20
1 Begin ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe aan julle of van julle nodig?
2 Julle is ons brief, geskryf in ons harte, gelees en verstaan deur alle mense.
3 Julle is duidelik 'n brief van •Christus wat deur ons diens opgestel is, geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte.
4 So 'n vertroue op God het ons deur Christus.
5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om te reken dat iets uit onsself kom nie nee, ons bekwaamheid kom van God.
6 Hy het ons bekwaam gemaak om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees nie van die letter nie, maar van die Gees. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend.
7 As die bediening van die dood, wat met letters op klippe gegraveer is, met soveel heerlikheid tot stand gekom het dat die kinders van Israel nie stip na die aangesig van Moses kon kyk nie, weens die glans op sy gesig, wat tog aan die verbygaan was
8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees nie in heerlikheid wees nie?
9 Want as daar heerlikheid was in die bediening wat lei tot veroordeling, soveel oorvloediger in heerlikheid is die bediening wat lei tot regverdiging!
10 Trouens, wat verheerlik was, is eintlik in hierdie opsig geen verheerliking nie, weens dié allesoortreffende heerlikheid.
11 Want as dit wat vergaan, met heerlikheid beklee was, het die blywende veel groter heerlikheid.
12 Terwyl ons dan so 'n hoop het, tree ons op met groot vrymoedigheid
13 nie soos Moses, wat 'n sluier oor sy gesig getrek het, sodat die kinders van Israel nie die einde van dit wat aan die vergaan was, kon aanskou nie.
14 Maar hulle denke was verhard. Want tot vandag toe dieselfde sluier oor die Ou Testament wanneer dit gelees word; en dit word nie weggeneem nie, want dit word slegs in Christus verwyder.
15 Maar tot vandag toe, elke keer wanneer Moses gelees word, daar 'n sluier oor hulle harte.
16 Telkens egter, wanneer iemand hom tot die Here wend, word die sluier afgehaal.
17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
18 En ons almal, terwyl ons met ontsluierde gesig die heerlikheid van die Here aanskou, soos in 'n spieël, word na dieselfde beeld verander, van heerlikheid tot heerlikheid, soos afkomstig van die Here, die Gees.